Adriaan Snyman


Let mooi hoe die berugte skrywer van die Siener van Rensburg boeke leun versprei aangaande my en almal weet dat geen Polisieman sommer net oorgrens of in ander Provinsies kan gaan werk soos wat hulle wil nie.
Ek het Adriaan menige keer gevra en daag hom nog steeds uit om `n verklaring te kry by die mense wat ek sogenaamd aangerand het maat hy swyg en ignoreer die versoeke want hy weet dat hy `n vals bewering hier maak.

Wonder wat kan geglo word wat hy van Siener van Rensburg skryf.

Let ook mooi hoe hy my teen Leon Peacock beskuldig maar toe val alles plat met Leon se verklaring self.


----- Original Message -----
From: Adriaan Snyman Vaandel Uitgewers Mosselbaai
To: Fred Rundle

Sent: Thursday, May 31, 2007 7:15 AM

Subject: Re: Frikkie die Boere verraaier

Fred
Ek dink jy is reg - daar skort iets met sy boonste verdieping - en vir al wat ons weet, het hy dalk nie een nie. Sy onsamehangende uitbarstings is eintlik meer komies as iets anders!
Wat jy sê, is korrek. Dit was op Jan Kruisinga se plaas dat Frikkie en sy Boksombende toegeslaan het en Jan se pa (in die sewentig) buite in die ysige koue op die sementstoep met 'n geweer teen die kop aangehou het.

Daarna het Frikkie op Murraysburg die hele verloop van 'n geslote vergadering tussen o.a. Leon Peacock, Michael Viljoen en Jaco Theron opgeneem met 'n splinternuwe video kamera waarvoor hy uit sy eie sak op pad na Murraysbug, en in Jaco se teenwoordigheid, R16 000 betaal het. Die inligting op daardie video is later gebruik om Peacock, Viljoen, asook 'n derde persoon (ek kan nie nou dadelik sy naam onthou nie) vas te trek. My vraag is: Waar het Frikkie die geld vir so 'n duur kamera gekry?

Beide Jaco en Michael het later bevestig dat Frikkie se optrede tydens die vergadering so verdag was dat dit hulle hewig ontstel het.
Toe Jaco Theron later op Bloemfontein in die hof moes verskyn, was Frikkie staatsgetuie.
Ja, dis wanneer jyself agter die deur staan, dat jy ander ook daar soek. Sy hele optrede is soos dié van 'n aasvoël wat in 'n slagyster beland het, en nou skreeuend worstel om daar uit te kom!
Groete
Adriaan Snyman

No comments: